Nukleus resensie.

“Nukleus Onderwys is beslis ‘n skool van die huis af plesier. Buiten vir ‘n
gestruktureerde kurrikulum is hulle diens en hulpvaardigheid uit die boonste
rake.

Nukleus se kurrikulum is Caps georieënteerd met boeke wat sorgvuldig
saamgestel is met kleurvolle illistrasie in die laer grade asook baie
gebruikers viendelik. Studente het handleidings waaruit hulle werk en ouers
kry ‘n ouergids vir leiding en onderrig indien jy self onderrig toepas. Met
self ondderig kan jy Nukleus se asseserings pakette aankoop waar
asserings,take en toetse gemerk en geaseseer word deur gekwalifiseerde
onderwysers en vakhoofde. Ondersteuning deur die vakhoofde word ook met die
asseserings paket gebied. Met hierdie paket kry jou kind ook ‘n geldige
raport.

Nukleus het in 2021 afgeskop met aanlyn klasse. My kind geniet dit
ontsettend baie, dit gee vir sosiale kinders ‘n sin van samesyn. Klasse loop
op ‘n rooster opgestel deur Nukleus. Klasse word dan digitaal aangebied deur
gekwalifiseerde onderwysers. Interaksie tussen die onderwyser en die student
vind plaas wat klasse interresant maak. Eksamens toetse en take word ook
gemerk en geasseseer deur aanlyn klas onderwysers. Onderwysers is ook baie
bereidwillig om te assesteer waar hulle kan. Met die aansluiting van Nukleus
se aanlyn klasse word jy op die Nukleus applikasie geregistreer waar jy
inteken op klasse. Alle klasse word opgeneem en op die applikasie gelaai
indien jou kind weer na ‘n les wil kyk of dalk ‘n les moet opvang. Raporte
word ook kwartaaliks uitgemaak aan leerders .

Ek en my kind is baie gelukkig by Nukleus Onderwys, maar hoe anders as jou
diens verskaffer jou kind en jou familie eerste stel.”

Lea White, Meyerton, Gauteng.

2021-09-14T11:03:56+02:00

Share This Story, Choose Your Platform!

Leave A Comment

Title