Kom gesels saam”

Wat sê ander ouers oor hul tuisskool pad…

Een van die belangrikste aspekte van tuisskool, is daardie ondersteuning en geselsies met ander ouers.
Hulle inspirasie en ervarings oor tuisskool, is goud werd.

Ek was gelukkig, om saam met só ‘n tuiskool mamma te kon kuier. Sy’t jare se ondervinding, was ook self ‘n tuisskool kind, en ek het by haar gaan aanklop.

Ek is Gerda Welman, en ek deel graag met julle hierdie inspirerende onderhoud.

Loudine en haar gesin, is woonagtig in Bloemfontein, en hulle tuisskool al vir 6 jaar. Haar dogter, was 6 jaar toe sy gediagnoseer is met skeidings angs, en haar ouers het besluit dat daardie soort spanning onnodig is, en hulle het met tuisonderrig begin.
Volgens Loudine, is ondersteuning belangriker as enige kurrikulum of plan wat jy mag hê.  As tuisskool ouers twyfel jy een of ander tyd in die roete wat jy volg, en daarom is ondersteuning baie belangrik. Hulle is dankbaar om deel van Bloemfontein se groot gemeenskap te wees. Daar kry hulle genoeg ondersteuning!
Loudine het besluit om die Cambridge roete te volg, van die begin af.

www.cambridgeinternational.org 

https://www.facebook.com/Cambridgehomeschoolcommunity

https://guardtheirheart.co.za/ (Verskeidenheid inligting en onder andere baie goeie inligting oor Cambridge)

Alhoewel dit vir die klaskamer geskryf is, het haar dogtertjie goed aangepas, en weet sy met ‘n geruste hart dat haar dogter gereed sal wees wanneer sy haar IGCSE (International General Certificate of Secondary Education) eksamens gaan aflê. Tans is hulle nog besig om in ritme te kom voor hul ernstig begin voorberei vir haar IGCSE eksamens. Hulle tyd is nie beperk nie, en kan solank gewoond raak aan die nuwe pas, en hoeveelheid werk, wat voorlê. Haar dogter se plan is om haar vakke op A ‘level’ vlak te voltooi.

Hulle werk wel volgens ‘n leerprogram, wat weekliks aandui hoeveel werk daar in ‘n sekere tyd voltooi moet wees maar, daar is genoeg tyd vir ontspan. Hulle is baie betrokke by die tuisskool gemeenskap. Haar dogter organiseer self van die projekte waarmee hulle besig is, maar maak tyd vir boekwerk, sodat sy nie agter raak nie.

Loudine skryf die tuisskolers se jaarlikse konsert. Sy organiseer die Co- Op byeenkomste, en skryf self die lesse wat sy aanbied vir die kinders van alle ouderdomme. Haar betrokkenheid by ander tuiskool ouers se projekte en reëlings vir die jaarlikse markdag hou hulle goed besig. Daar is selfs ‘n sokkie waarna die tuiskolers, hierdie somer, kan uitsien.

“Dit is belangrik om jou kind te wys hoe om ander te help, om te deel, en terug te gee,
sonder om iets terug te verwag”.

Daarom is hulle ook betrokke by liefdadigheid. Fondsinsamelings, winter projekte vir haweloses, of om sommer net ‘n ekstra bord kos te maak vir iemand, is soos ‘n tweede taal in hulle huis. Tans is hulle besig met ‘n ‘teddiebeer’ projek waar hulle teddies insamel vir kinders wat oor kerstyd in die hospitaal is. Sy kan nie genoeg klem lê op liefdadigheid nie, en die belangrikheid daarvan nie. Die versorging van diere speel ook ‘n belangrike rol in hulle lewe. Hulle doen weekliks vrywilligheids werk by ‘n rehabilitasie sentrum vir wilde katte en ander diere.

“Ek was ook ‘n tuisskool kind……dit is die beste ding wat in my lewe kon gebeur.
Ek is dankbaar daarvoor.
Dit het my voorberei op soveel dinge in die lewe,
ek kon baie geleenthede aangryp waarop ek sou uitmis,
sou ek in die skool gewees het”.

Sy het geen geleentheid deur haar vingers laat glip nie. Aptekersassistent, fiksheidsinstrukteur, persoonlike assistant vir maatskappye, redakteur van plaaslike koerant, Graade hoof by ‘n studie sentrum, organiseerder by liefdadigheids sentrums, en geleer vir ‘n Pastoor.

‘n Passievolle mamma met passievolle energie.

Die “me time” is maar skaars maar, sy geniet dit om gym toe te gaan en sy speel elke week aksie netbal.

alles om my inspireer my op ‘n daaglikse basis.
dit wat ek hoor, sien, dink, voel

en droom inspireer my. 

Ek droom baie!!!!!
Ek slaap met ‘n boek en pen langs my bed”.

Vir ekstra inkomste bied sy hulp aan vir graad 4 tot 7 leerders, in enige vak waarmee hulle sukkel. Sy leer vir hulle studiemetodes en help hulle voorberei vir toetse en eksamens.

Dit is belangrik dat kinders onafhanklik kan leer”.

Haar raad aan nuwe tuiskolers

“Haal asem, raak rustig en ontspan, vergeet die roetine,
ritme die pas en die druk van skool. Vat ‘n breuk, gesels met ander
tuiskool ouers, gryp elke geleentheid aan wat jy by iemand andes iets kan leer, vra vrae al dink jy dit is ‘n ‘simple’ vraag, vra dit inelkgeval. Luister na almal se raad,
maar pas net dit wat  jy dink vir jou gesin gaan werk, toe.
Jy het nie nodig om presies te doen wat ander doen nie.
Weet dat jou perfekte planne nie altyd gaan uitwerk nie,
dat julle leer program, metodes en hulpbronne gaan verander.
Leer ken jou kinders, geniet die tyd wat julle saam het, dit is ‘n voorreg om te tuisskool, en moeinie in jouself twyfel nie,
weet dat jy kan, enige ouer kan”!!!!!

“Gelukkige kinders presteer”

Augustus 2019